Skip to content

Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid vra Reserwebank om nie finansiële druk op huishoudings te verhoog nie

# Die Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank behoort die terugkoopkoers onveranderd op 7,25 persent te hou wanneer hy vandag sy rentekoersbesluit aankondig. Die organisasie waarsku dat verdere rentekoersverhogings die lewenskostekrisis kan vererger, die druk op huishoudings met skuld kan verhoog en sakebeleggings kan ontmoedig. Liso Mdutyana van die instituut voer aan dat stygende inflasie, wat verlede maand 5,2 persent bereik het, hoofsaaklik gedryf word deur hoër brandstof-, vervoer- en ander koste, eerder as deur oormatige verbruikersbesteding.