# Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Parlement om die Nasionale Waterwysigingswetsontwerp te skrap en waarsku dit kan landbou benadeel, die ekonomie verswak en voedselsekerheid bedreig. Volgens die organisasie kan die wetsontwerp beleggings ontmoedig, ekonomiese groei vertraag en werkloosheid verhoog. Anthea Jeffery van die instituut sê veilige eiendomsregte op grond en water is noodsaaklik vir suksesvolle landbou. Jeffery voer aan die regering moet fokus op die ondersteuning van meer kommersiële boere in plaas daarvan om wetgewing in te stel wat die sektor kan ondermyn.
Instituut sê voorgestelde waterwetgewing kan beleggings en voedselsekerheid bedreig