# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê die land se verwydering van die gryslys is ‘n mylpaal op ‘n langtermynreis na die bou van ‘n sterk en veerkragtige finansiële ekostelsel. Suid-Afrika is amptelik van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys afgehaal ná hy suksesvol belangrike hervormings ingestel het om geldwassery en die finansiering van terrorisme te bestry. Kieswetter sê dit is ‘n mosie van vertroue, maar beteken nie ‘n einde aan waaksaamheid nie. Hy voeg by die stryd teen finansiële misdaad en korrupsie is ‘n voortdurende een.
Inkomstediens-kommissaris sê die stryd teen finansiële misdade en korrupsie is een wat nooit ophou nie