# Die Stad Kaapstad sê volslae minagting vir veiligheid, die oppergesag van die reg en bedagsaamheid teenoor ander het sinoniem geword met betaaldag-naweke. Verkeersbeamptes het die afgelope naweek 39 mense gearresteer waarvan 30 vir dronkbestuur was. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het 147 aanrandings aangemeld wat ʼn toename van 90-persent is in vergelyking met die vorige naweek. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê voorvalle in ander kategorieë het ook gestyg:
Inhegtenisnemings weens dronkbestuur het die naweek in Kaapstad verdubbel [KLANK]
AFR JPonDrunkDriving