Skip to content

Infrastruktuur SA waarsku tenderkansellasies belemmer infrastruktuurgroei

# Die regering se administratiewe agentskap vir die beplanning, bestuur en versnelling van infrastruktuurbeleggings, Infrastruktuur Suid-Afrika, is bekommerd oor die groot aantal tenders wat sloer of gekanselleer word. Waarnemende hoof Simphiwe Ndlovu het aan die Parlement gesê meer as 70-persent van geadverteerde bouverwante tenders is gekanselleer of gesluit sonder dat dit toegeken is. Slegs 29,9-persent van 12-duisend-622 beoordeelde tenders is toegeken. Die agentskap sê kansellasies verswak beleggersvertroue, benadeel klein ondernemings, vertraag dienslewering en bedreig Suid-Afrika se doelwit om vaste belegging tot 30-persent van die bruto binnelandse produk te verhoog.