# Die Nasionale Informele Handelaarsalliansie van Suid-Afrika sê hulle is onregverdig uitgesluit van Parlementêre verhore oor die Wet op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels. Die organisasie, wat meer as twee-miljoen informele handelaars verteenwoordig, waarsku die wet kan mense se lewensbestaan vernietig, die onwettige sigaretmark aanvuur en kleinhandelaars straf. Die alliansie se woordvoerder, Rosheda Muller, doen ‘n beroep op die Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid om mondelinge verhore te heropen en alle betrokke stemme in te sluit voor die wetsontwerp goedgekeur word: