# Indië en Pakistan het mekaar die skuld gegee vir verbrekings, ure nadat hulle ooreengekom het op ‘n wapenstilstand wat die VSA bemiddel het. Die ooreenkoms vir ‘n volledige en onmiddellike wapenstilstand het gevolg ná vier dae van oorgrensaanvalle. Pakistan het later bevestig ‘n ooreenkoms is deur die twee lande bereik en het bygevoeg verskeie lande was by die proses betrokke. Indië het egter later aangekondig daar was ‘n skending van die vroeëre ooreenkoms. Pakistan het in reaksie hierop gesê hy bly steeds verbind tot die implementering van die wapenstilstand, ten spyte van Indië se verbreking daarvan.
Indië en Pakistan gee mekaar die skuld vir verbreking van wapenstilstand-ooreenkoms