Skip to content

Indië bepaal nog die presiese aantal slagoffers in die Ahmedabad-lugongeluk

# Die Ministerie van Buitelandse Sake van Indië het aansienlike lewensverlies in die Air India vliegtuigongeluk naby Ahmedabad bevestig. Die woordvoerder, Randhir Jaiswal, het die gebeurtenis as ‘n tragedie beskryf en bevestig daar was 242 persone, insluitende 11 kinders aan boord was. Daar was een-honderd-69 Indiese burgers, 53 Britte, sewe Portugese, en een Kanadees op die vlug na Londen. Reddingspogings duur voort, en Jaiswal sê mense op die grond is moontlik ook dood toe die vliegtuig ‘n hostel vir dokters getref het. Die presiese aantal slagoffers is nog nie bepaal nie.