Skip to content

IDAC-ondersoeker sê Artikel 27-verwysing is teruggehou [KLANK]

# ‘n Senior ondersoeker van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Mantsha Raphesu, het voor die Madlanga-kommissie getuig ondersoekers is toegang geweier tot die Artikel 27-verwysing wat die Parlementslid Fadiel Adams ingedien het. Hy sê tydens ‘n vorige ondersoek is alle tersaaklike dokumente beskikbaar gestel, maar ondersoekers het dié keer nie die verwysing ontvang nie. Raphesu sê staatsadvokaat Drushanta Ramsamy het hulle ingelig sy is opdrag gegee om nie die dokument te verskaf nie:

ENG-RaphesuOnSection27