# Die Internasionale Atoomenergie-agentskap waarsku ‘n Israelse aanval op Iran se kernaanlegte kan druk op Teheran plaas om kernwapens te ontwikkel. Israel se onverklaarde kernwapenprogram maak hom die enigste land in die Midde-Ooste wat oor kernwapens beskik. Dit volg terwyl Amerika en Iran in onderhandelings betrokke is oor Teheran se kernprogram. Die agentskap se hoof, Rafael Mariano Grossi, sê Iran beskik oor genoeg verrykte uraan om verskeie kernbomme te maak, wat gemonitor moet word.
IAEA-hoof waarsku ‘n Israelse aanval op Iran kan Teheran noop om kernwapens te ontwikkel