# Iran-ondersteunde Houthi-rebelle van Jemen sê hulle sal voortgaan om Israelse skepe in die Rooisee en Golf van Aden te teiken, ten spyte van ’n skietstilstandooreenkoms met die Verenigde State. ’n Lid van die politieke buro van die Houthi’s, Abdulmalik Alejri, sê die waterweë is veilig vir alle internasionale skepe, behalwe dié van Israel. Hy sê Israel is nie deel van die ooreenkoms nie en dit sluit slegs Amerikaanse en ander skepe in.
Huthi-rebelle sal steeds Israelse skepe aanval ten spyte van ooreenkoms met VSA