# ‘n Hulpkonvooi met onder meer kos en mediese voorrade het oornag vertrek na die Russies-beheerde dorp Olesjki in die suide van Oekraïne. Die Russiese koerant Izvestia berig dit volg ná weke se pogings om ‘n hulpoperasie vir inwoners van die swaar geteisterde dorp te reël. Russiese magte het Olesjki beset kort ná Moskou se inval in Oekraïne in Februarie 2022. Joernaliste van Frankryk, Italië, Rusland, Oekraïne en Amerika vergesel die konvooi.
Hulpkonvooi vertrek na Russies-beheerde Olesjki in Oekraïne