# Die United Democratic Movement sê hy is erg bekommerd oor die stortvloed van onthullings oor die ineenstorting van bestuur, verantwoordbaarheid en etiek binne die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap. Die departement word gekritiseer vir ondermeer die besteding van drie-miljoen-rand aan ‘n reis na New York vir sewe amptenare. Zandile Phiri van die UDM sê SASSA word ook oorweldig deur betalingsmislukkings, tegniese onderbrekings en korrupsie, wat miljoene toelaagontvangers herhaaldelik hulpbehoewend laat:
UDM sê Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het in web van wanadminstrasie verval [KLANK]
ENG PhirionForensic