# Die Hoogste Hof in Amerika het president Donald Trump se administrasie beveel om die deportasie van Venezolaanse mans in immigrasie-aanhouding in die noorde van Texas tydelik te staak. Die mans word beskuldig dat hulle deel is van ‘n Venezolaanse bende. Van die 261 mans wat vanaf 8 April na ‘n berugte tronk in El Salvador gedeporteer is, is 137 verwyder ingevolge die omstrede Wet op Onwettige Immigrante. Die American Civil Liberties Union sê die mans wat in Texas aangehou is, het in gevaar verkeer om die res van hul lewens sonder behoorlike prosesse in ‘n wrede gevangenis deur te bring.
Hoogse Hof beveel Trump-administrasie om deportasie van Venezolaanse mans te staak