Skip to content

Hooggeregshof verwerp Ramaphosa-versoek om R167-miljoen apartheidsaak te stop

# Die Hooggeregshof in Pretoria het president Cyril Ramaphosa se versoek om ‘n eis vir skadevergoeding van 167-miljoen-rand deur 22 families van vermoorde en vermiste anti-apartheidsaktiviste onbepaald uit te stel, met koste van die hand gewys. Regter Nicoline Janse van Nieuwenhuizen sê dit is in die openbare belang dat families afsluiting vind, en die regering was die enigste oorsaak van die dekades lange vertraging. Die Stigting vir Menseregte en die betrokke families het die uitspraak verwelkom en sê die regering het ‘n geskiedenis om nie die aanbevelings van kommissies te oorweeg nie.