# Hoofregter Mandisa Maya sê die bewerings teen waarnemende regterpresident, Aubrey Ledwaba, kan die regstelsel se integriteit skade berokken. Getuie A het by die Madlanga-kommissie getuig hy het by ʼn informant gehoor dat 2,5-miljoen-rand eenkant gesit is om borgtog vir die moordbeskuldigde, Katiso “KT” Molefe, te verseker. Die getuie het egter nie geweet of die geld vir Ledwaba of die staatsaanklaer bedoel was nie. Maya sê Ledwaba ontken die bewerings teen hom en het dit duidelik gestel dat hy nie met spesiale verlof gaan nie.
Hoofregter Maya is bekommerd oor bewerings teen waarnemende regterpresident Ledwaba