# Hoofregter Mandisa Maya sal na verwagting die Mthatha Hooggeregshof in die Oos-Kaap besoek. Dit volg op bewerings dat die hof se administratiewe amptenare omkoopgeld van tot 15-duisend-rand van prokureurs eis voordat siviele sake aangehoor word. Die Kantoor van die Hoofregter sê hulle het ‘n forensiese ondersoek ingestel in ooreenstemming met die organisasie se bedrogvoorkoming- en teenkorrupsiebeleid. Maya sal na verwagting die waarnemende regter-president van die Oos-Kaapse afdeling van die Hooggeregshof, regter Zamani Nhlangulela, besoek.
Hoofregter Maya besoek Mthatha Hooggeregshof oor omkoperybewerings