# Die hoof van die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, sê die wapenstilstand tussen Iran en Israel sal hopelik die deur open vir hernieude samewerking oor Iran se kernprogram. Agentskapinspekteurs het dwarsdeur die konflik in Iran gebly. Grossi sê daar was uitgebreide skade by verskeie kernterreine in Iran, insluitend sy uraanomskakelings- en verrykingsfasiliteite. Hy sê Iran moet die IAEA toelaat om die kernaanlegte te inspekteer en rekenskap te gee van die uraanvoorrade:
Hoof van VN se kernwaghond doen beroep op Iran om samewerking te hervat na skietstaking [KLANK]
ENG GrossiOnNuclear