Skip to content

Hoof van SOE steun skepping van onafhanklike teen-korrupsieliggaam

# Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, steun die skepping van ‘n onafhanklike teen-korrupsieliggaam. Die DA het die Een-en-twintigste Wysigingswetsontwerp op die Grondwet by die Parlement ingedien, wat gemik is op die daarstelling van ‘n teen-korrupsiekommissie as ‘n onafhanklike Hoofstuk 9-instelling. Die kommissie sal spesifiek fokus op die ondersoek en vervolging van korrupsiesake. Mothibi sê ‘n onafhanklike liggaam sal die teen-korrupsiebestel in die land hervorm en sy vermoëns versterk.