# Die leier van die UDM, Bantu Holomisa het die DA se optrede in die regering van nasionale eenheid gekritiseer, en dit as afpersingstaktiek beskryf. Holomisa het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika gesê as hy president was, sou hy lankal die DA uit die regering verwyder het. Hy het hulle beskuldig dat hulle ooreenkomste verbreek. Hy bevraagteken die DA se weiering om aan die nasionale dialoog deel te neem, en voer aan hulle is nie reg om te regeer nie: