Skip to content

Holomisa sê die ekonomie moet die hart van die Nasionale Dialoog wees

# Die UDM-leier Bantu Holomisa het president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die groep wat die Nasionale dialoog sal lei en bevorder, verwelkom. Dit sluit mense in soos die gewese OVK-voorsitter Brigalia Bam, die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad Thabo Makgoba en Springbokkaptein Siya Kolisi. Holomisa sê die groep is gebalanseerd en verteenwoordig ʼn breë deursnit van die samelewing. Hy sê die Nasionale Dialoog moet voorkeur gee aan die ekonomie, grondkwessies en die land se buitelandse beleid.