# Die adjunkminister van Verdediging en Militêre Veterane, Bantu Holomisa, sê daar is op die oomblik geen eksterne bedreiging teen die land nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die week onthul die veiligheidsgroepering het ‘n risiko van ‘n staatsgreep geïdentifiseer. Sy het gesê die Nasionale Veiligheidstrategie en Nasionale Intelligensieraming het ander risiko’s, insluitend terrorisme en gewelddadige ekstremisme, gevind. Holomisa sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is ten volle in staat om die land teen enige ernstige bedreiging te verdedig:
Holomisa sê daar is geen dreigende eksterne bedreigings teen Suid-Afrika nie [KLANK]
ENG HolomisaNoThreat