Skip to content

Hokkie: Minister McKenzie keur R3-miljoen goed om SA spanne se Wêreldbekerkostes te dek

# Hokkie: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het drie-miljoen-rand se noodfinansiering goedgekeur vir die nasionale mans- en vroue-span wat aan volgende maand se Wêreldbeker-toernooi in België en Nederland gaan deelneem. Die vrouespeler Onthatile Zulu het in ‘n ope brief onthul dat van spelers verwag is om tot vlugte by te dra en koste te dek, insluitend verblyf, maaltye en mediese uitgawes. McKenzie sê om die land te verteenwoordig is ‘n nasionale eer en verantwoordelikheid en daarom moet dit nooit ‘n persoonlike finansiële las wees nie.