# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se pogings om die Nasionale Wag in Demokratiese stede te ontplooi het ‘n reeks hofaansoeke veroorsaak. Hy sê die ontplooiing is gemik teen wetteloosheid en om agente te help om sy immigrasie-beleid af te dwing. ‘n Federale regter het die administrasie tot die einde van die dag kans gegee om te verduidelik waarom die ontplooiing in Illinois en Chicago nie verbied moet word nie. Die Withuis het die Appèlhof gevra om te wag met ‘n bevel van ‘n regter in Oregon wat ontplooiing in Portland keer.
Hofaansoeke neem toe teen Trump se poging om die Nasionale Wag in Demokratiese stede te ontplooi