Skip to content

Hof in Johannesburg verwerp dringende aansoek oor Marble Towers

# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die eienaars van Marble Towers in die middestad se dringende aansoek met koste van die hand gewys. Die hof het die eienaars gelas om nie verder strukture in en om die gebou op te rig nie, en verklaar dit is onregmatig aangesien daar geen goedgekeurde bouplanne is nie en dit ‘n brandgevaar inhou. Die onderneming is gelas om onveilige strukture binne 72-uur te beveilig en enige onregmatige besetters van munisipale eiendom te verwyder. Die uitspraak bepaal ook die partye moet binne 20 dae probeer bemiddel. Die Stad mag intussen geen strukture sloop sonder om ‘n afsonderlike hofbevel te verkry nie.