Skip to content

Hof hoor slotbetoë aan in Malema se vuurwapensaak

# Die Oos-Londense landdroshof hoor vandag die slotbetoë aan in die EFF-leier Julius Malema en sy gewese lyfwag, Adriaan Snyman, se vuurwapensaak. Malema word beskuldig dat hy in 2018 tydens die party se vyfde verjaardagvieringe in Mdantsane ʼn vuurwapen op die verhoog afgevuur het. Snyman word beskuldig dat hy na bewering die wapen aan Malema oorhandig het. Die EFF sê die aanklagte is polities- en ras- gemotiveer.