# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor die volgende twee dae aansoeke aan om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en lewenslange vonnisse in die Joslin Smith-saak. Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn is in Mei tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir mensehandel en tien jaar vir ontvoering. Hulle saak hou verband met die verdwyning van Smith se jong dogter in Februarie verlede jaar. Regter Nathan Erasmus sal ook besluit of die gewese beskuldigde wat staatsgetuie geword het, Lourentia Lombaard, strafregtelik aangekla moet word. Joslin is steeds nie gevind nie.
Hof hoor appèlaansoeke aan van drie skuldiges in Joslin Smith-saak