# ‘n Federale Appèlhof in New York het die laster-eis wat deur skrywer E Jean Carroll teen die Amerikaanse president Donald Trump aanhangig gemaak is, gehandhaaf. Sy het die president gedagvaar en beweer dat hy haar belaster het toe hy die bewering dat hy haar seksueel aangerand het, ontken het, en gesê het sy het die bewering opgemaak om die verkope van ‘n boek te verhoog. Trump het die bewerings ontken. Die hof het die administrasie se argument verwerp dat die president beskerm word deur die Hooggeregshof se immuniteitsuitspraak verlede jaar. Trump moet Carroll 1,46-miljard-rand in skadevergoeding betaal.
Hof handhaaf vonnis van R1,46-miljard teen Trump vir die laster van E Jean Carroll