# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, se vinnige ingryp by die Kaapstad Kollege verwelkom. Die minister het ‘n taakspan saamgestel om die bestuurskrisis by die kollege te ondersoek. Dit sluit in bewerings van onregverdige arbeidspraktyk, misbruik van mag, wangedrag en geldverkwisiting en onreëlmatige uitgawes. Die komitee sê die akademiese sukses van die studente mag nie onder die voortgesette onbestendigheid by die kollege ly nie. Hy het gevra vir dringende stappe om die kollege te herstel.
Hoër Onderwys komitee verwelkom minister Manamela se ingryping by Kaapstad Kollege