# Die Verkiesingskommissie ervaar tans hoë verkeer op sy webwerf met duisende Suid-Afrikaners wat die naweek kieserregistrasiedienste gebruik. Masego Shiburi van die OVK sê dit kan daartoe lei dat die stelsel stadiger is as gewoonlik. Hy sê die kommissie se tegniese spanne is besig om die probleem so gou as moontlik op te los. Shiburi sê alle jong Suid-Afrikaners word aangemoedig om aktief te bly deur te registreer om te stem en te verseker dat hul stemme gehoor word:
Hoë verkeer op OVK-webwerf met baie wat kieserregistrasiedienste gebruik [KLANK]
ENG ShiburiONIECHighTraffic