# Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die party is vasbeslote om te help om Johannesburg as ‘n funksionele en florerende stad te herstel. Tydens die bekendstelling van die party se burgemeestersveldtog in Soweto het Hlabisa Johannesburg beskryf as Suid-Afrika se ekonomiese spilpunt en toegangspoort tot die vasteland. Hlabisa sê as Johannesburg werk, sal die land se ekonomie ook verbeter. Hy het bygevoeg dat die IVP hulpbronne, leierskap en mannekrag wil fokus op die verbetering van dienslewering:
Hlabisa van IVP beloof om Johannesburg as ‘n funksionele stad te laat herleef [KLANK]
ENG-HlabisaOnJoburg