# Die Iran-gesteunde militante groep, Hizbollah, sê hy het vuurpyle op die noorde van Israel afgevuur in reaksie op Israel se skending van die skietstilstand tussen die VSA en Iran wat nou in die weegskaal is. Minstens 182 mense is dood toe die Israelse weermag Woensdag die grootste aanval in die jongste oorlog op Libanon uitgevoer het. Amerika en die eerste minister van Israel, Bejamin Netanyahu, hou vol dat die skietstilstand nie betrekking het op optrede teen Hizbollah in Libanon nie. Iran, daarenteen, hou vol dat Libanon deel is van die ooreenkoms. Hizbollah sê sy aanvalle sal aanhou totdat Amerika en Israel hul aggressie teenoor Libanon staak.
Hizbollah voer vergeldingsaanvalle op Israel uit ná die dodelike aanvalle in Libanon