Skip to content

Hirosjima-burgemeester bekommerd dat lande glo kernwapens is noodsaaklik vir nasionale verdediging

# Hirosjima se burgemeester, Kazumi Matsui, waarsku die Kernsperverdrag is op die rand van ineenstorting. Dis vandag 80 jaar sedert Amerika se atoombom op Hirosjima in Japan, waarin meer as 200-duisend mense dood is. Meer as 70 lande het die verdrag onderteken wat die verspreiding van kernwapens beperk en die vreedsame gebruik van kernenergie aanmoedig. Amerika en Rusland was egter daarteen gekant. Matsui het kommer uitgespreek teen die idee dat sommige lande reken kernwapens is noodsaaklik vir nasionale verdediging.