# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die skuldigbevindingskoers van slegs vyf-persent vir onwettige vuurwapens, is kommerwekkend. Dit volg terwyl die polisie meer as 400 onwettige vuurwapens per jaar verwyder. Van die een-duisend-670 vuurwapens waarop sedert 2021 beslag gelê is, het die polisie slegs 81 skuldigbevindings bewerkstellig. Hill-Lewis het met die aanbieding van saak-nasporingsdata in Hanover Park ‘n beroep gedoen op gedesentraliseerde ondersoekmagte om dossiere wat vervolgingsgereed is, op te bou:
Hill-Lewis bekommerd oor slegs 5% skuldigbevindings vir onwettige vuurwapens [KLANK]
ENG-Hill-LewisOnGuns