# ʼn Strafregtelike ondersoek is begin ná Bob Vylan en Kneecap se vertonings op die Glastonbury-kunstefees in Engeland. Die Britse minister van Kultuur, Lisa Nandy, beweer daar is ʼn leierskapsprobleem by die BBC. Sy kritiseer die korporasie oor sy besluit om nie die regstreekse uitsending te staak nie nadat die groep se voorsanger uitgeroep het “death, death to the IDF“, verwysend na die Israelse Weermag. Nandy sê die regering sal nie anti-Semitisme duld nie. Die BBC se direkteur-generaal, Tim Davie, word nou gevra om te bedank.
Britse minister van Kultuur veroordeel BBC oor Glastonbury-omstredenheid