Skip to content

Tennis: Williams-susters is promotorskeuses om aan Wimbledon-dubbels deel te neem

# Tennis: Die sesmalige Wimbledon-dubbelspelkampioene, Serena en Venus Williams, is promotorskeuses vir die vroue se dubbel-afdeling vir vanjaar se derde Grand Slam. Die 23-malige kampioen, Serena, het verlede week by Queen’s na vier jaar tot die toer teruggekeer terwyl Venus verlede Julie na 16 maande teruggekeer het. Die Williams-susters het saam 14 Grand Slam-dubbelstitels gewen, wat die tweede meeste is van enige vrouespan in die Ope Era. Wimbledon begin die 29ste van die maand.