# Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies, Deidré Baartman, sê die Kannaland Munisipaliteit se finansiële herstelplan kan help om stabiliteit te bring en dienslewering te verbeter. Die plan bied ‘n padkaart vir die aanspreek van die finansiële bestuursuitdagings wat die munisipaliteit se vermoë om sy inwoners effektief te dien, ondermyn het. Die departement se woordvoerder, Marshalle Frederiks, sê as die munisipaliteit verbind bly tot die herstelpad, kan sy finansies binne die volgende vyf jaar weer op gesonde voet geplaas word: