# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het verskoning gevra vir haar uitsprake na haar nederlaag teen die Amerikaner Coco Gauff in die eindstryd van die Franse Ope. Die 27-jarige het aan die media gesê dit was die swakste eindstryd wat sy nog ooit gespeel het. Volgens haar het Gauff nie gewen omdat sy so goed gespeel het nie, maar omdat Sabalenka so baie foute gemaak het. Sabalenka het aan Eurosport gesê haar uitsprake was onprofessioneel en emosioneel.
Tennis: Sabalenka vra om verskoning oor uitsprake na nederlaag teen Gauff op Franse Ope