# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid versoek dat die Department van Water en Sanitasie verslag moet doen oor die vordering wat gemaak is oor beloftes om geslagsgelykheid te bevorder en om transformasie in die werkplek in te stel. Die kommissie beklemtoon dat water en sanitasie ‘n basiese mensereg is wat ‘n uitwerking het op veral vroue en meisies. ‘n Aanspreeklikheid-sessie sal ondersoek instel oor nakoming van aanbevelings, die hersiening van die meganismes vir klagtes oor teistering, en om spesifieke gevalle aan te spreek. Die kommissie beoog om sistemiese hervormings te verseker en om ‘n veilige, inklusiewe, geslags-sensitiewe werksomgewing te skep.