Skip to content

Hegseth steun Trump se bewerings oor sukses teen Iran se kernaanlegte

# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, hou vol die Amerikaanse aanvalle op Iranse kernterreine was ‘n sukses. Hy het die media uitgetrap omdat hulle die sukses van die operasie bevraagteken. Hegseth het by die Pentagon aan joernaliste gesê, Trump het die voorwaardes geskep om die oorlog te beëindig deur Iran se kernvermoëns te vernietig, uit te wis of te verminder. Trump het gister volgehou dat Iran nie kernmateriaal, insluitend verrykte uraan, voor die Amerikaanse militêre optrede verskuif het nie.