# President Donald Trump van Amerika se administrasie het ongeveer 41,4-miljard-rand in veeljarige toelaes, en sowat 1,1-miljard-rand in veeljarige kontrakwaarde by Harvard Universiteit bevries. Dit volg nadat die instelling ʼn lys eise van die Withuis oor beleidsveranderinge verwerp het. Die eise sluit in dat die universiteit toeslaan op anti-Semitisme en beweerde burgerregteskendings, asook die sluiting van programme oor diversiteit, gelykheid en inklusiwiteit. Harvard-president Alan Garber sê hulle het uitgebreide hervormings ingestel om anti-Semitisme aan te spreek en beskryf die regering se eise as ʼn politieke foefie.
Harvard Universiteit verbeur R41-miljard aan federale fondse