Skip to content

Harvard Universiteit dagvaar Trump-administrasie oor bevriesing van fondse en akademiese vryheid

# Harvard Universiteit het ʼn hofsaak teen president Donald Trump se administrasie aanhangig gemaak. Dit volg nadat die administrasie onlangs fondse van sowat 41,4-miljard-rand in veeljarige toelaes aan die instelling bevries het omdat dit die regering se eise dat alle diversiteit-, gelykheid- en inklusiwiteits-programme gestaak word, ignoreer. Harvard se president, Alan Garber, sê die saak gaan oor die regering se pogings om federale fondse terug te hou om beheer oor akademiese besluitneming te kry. Hy sê Harvard sal nie sy onafhanklikheid of grondwetlike regte prysgee nie.