# President Donald Trump sê Hamas is gereed vir “blywende vrede” nadat die Palestynse militante ingestem het om alle oorblywende gyselaars vry te laat. Trump het gereageer op ‘n verklaring deur Hamas gister waarin die groep onderneem het om alle oorblywende gyselaars in Gaza, lewend en dood, terug te besorg. Hamas het gesê hulle wil onderhandel om verdere besonderhede van die president se vredesplan te bespreek, insluitend die oorhandiging van die administrasie van die enklawe aan ‘n Palestynse liggaam van onafhanklike tegnokrate. Trump het ook ‘n beroep op Israel gedoen om die bombardering van Gaza onmiddellik te staak.
Hamas stem in om Israeliese gyselaars vry te laat, en tot dele van vredesooreenkoms