Skip to content

Hamas sê hy sal die Amerikaans-Israeliese gyselaar Edan Alexander vrylaat

# Die militante Hamas-groep sê hy sal die Amerikaans-Israelse gyselaar, Edan Alexander, vrylaat wat volgens berigte die laaste lewende Amerikaanse gyselaar is wat in Gaza gevange gehou word. Hy het in ʼn keur-infanterie-eenheid op die Gaza-grens gedien toe hy op 7 Oktober tydens Hamas se aanval gyselaar geneem is. Hamas sê Alexander se vrylating is deel van pogings om ʼn skietstilstand te bewerkstelling en kos, medisyne en ander voorrade in Gaza te kry. Israel laat dit die afgelope 70 dae nie toe nie.