Skip to content

Hamas sal nie vandag openbare seremonie hou om liggame van vier Israelse gyselaars te oorhandig nie

# ‘n Senior Hamas-beampte sê die Palestynse beweging sal nie vandag ‘n openbare seremonie hou om die liggame van vier Israeliese gyselaars te oorhandig nie nie. Na die oorhandiging Saterdag van ses oorlewende gyselaars het Israel die vrylating van honderde Palestynse gevangenes opgeskort en gesê hulle sal slegs vrylaat word indien Hamas die “vernederende seremonies” beëindig. Sedert die eerste fase van die wapenstilstand verlede maand, het Hamas 25 lewendige gyselaars by openbare seremonies in verskeie dele van Gaza vrygelaat wat gelei het tot wye kritiek ook deur die Verenigde Nasies.