Skip to content

Hamas oorweeg Trump se 20-punt-plan om oorlog in Gaza te beëindig

# ‘n Palestynse bron na aan Hamas sê die groep oorweeg die Amerikaanse president Donald Trump se voorstel vir die beëindiging van die Gaza-oorlog, wat gesteun word deur die Israelse eerste minister. Die bron het aan AFP gesê Hamas het begin met ‘n reeks gesprekke met sy politieke en militêre leierskap in Palestina asook in die buiteland. Rusland het intussen gesê hy ondersteun ook president Donald Trump se 20-punt-plan om die oorlog te beëindig. Hy sê die plan moet ingestel word om gebeure in die Midde-Ooste vreedsaam te beëindig.