# Hamas het gister nog vier liggame van gyselaars teruggegee. Agt van die 28 oorlede gyselaars se liggame is sedert Maandag uit Gaza teruggestuur. Die gewapende Palestynse groep het Maandag 20 lewende gyselaars en die liggame van vier vrygelaat. Hamas sê die taak word bemoeilik omdat nie al die grafte geïdentifiseer is nie. Die oorskot van 45 Palestyne is gister na Gaza teruggestuur. Israel se regering waarsku hy sal hulp aan Gaza beperk tot Hamas al die oorlede gyselaars se liggame teruggestuur het.
Hamas gee liggame van nog vier oorlede gyselaars terug