# Die adjunkminister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Mondli Gungubele, sê die beslissing van die Hooggeregshof van Gauteng teen die sosialemedia-reus, Meta, sal kinders beskerm teen seksuele misbruik en eksplisiete inhoud. Die hof het beslis dat Meta ‘n aantal anonieme Instagram rekeninge en ook WhatsApp-kanale wat kinderpornografie versprei waarby Suid-Afrikaanse skoolleerders betrokke is, permanent moet sluit. Gungubele het aan Newzroom Afrika, gesê die betrokkenheid van belanghebbendes word benodig asook die implimentering van streng wette teen sulke verspreiding:
Gungubele moedig belanghebbendes aan om betrokke te raak om kinders te beskerm na Meta-beslissing [KLANK]
ENG-GungubeleOnMeta