# Pro-Palestynse aktiviste berei hulle voor om Sondag vanuit Spanje na Gaza te vaar in tientalle bote met hulp aanboord. Honderde mense van 44 lande, insluitend die Sweedse aktivis Greta Thunberg, sal na verwagting vanuit verskeie hawens na Gaza vertrek as deel van die grootste flottielje van die aard ooit. Hulle het regerings versoek om druk op Israel te plaas om die bote deur die vlootblokkade toe te laat. Israeliese vlootmagte het in Junie op ‘n Britse seiljag met Thunberg aan boord beslag gelê. Israel het die hulpskip afgemaak as ‘n propaganda-foefie ter ondersteuning van Hamas.
Grootste flottielje vir Gaza hoop om druk op Israel te plaas vir beëindiging van blokkade