Skip to content

Groot ontwrigting op paaie in Tshwane-middestad weens Ga-Rankuwa-inwoners se optog oor swak dienslewering

# Inwoners van Ga-Rankuwa in Tshwane hou vandag ʼn beplande betoging oor swak dienslewering. Inwoners betoog oor voortslepende kragonderbrekings, beweerde korrupsie wat munisipale rekeninge betref, swak toestand van paaie, stukkende straatligte, verstopte riool- en stormwater-dreine. Die optog begin negeuur by Cassandra Park en beweeg dan na die Ga-Rankuwa munisipale kantoor in Sone Vyf. Die polisie monitor die optog, maar motoriste word aangeraai om die betrokke gebiede te vermy en ekstra reistyd toe te laat.